Vyf: Ma en Pa

My oë het nie donker kringe,
ek is nie besorg oor groot dinge. (Ps 131:1)
Op Moedersdag het ek vrede
en hierdie is die rede:

In my kinderdae het my ma
my met rus en kalmte gedra, (Ps 131:2)
en so my die beginsel geleer
om tevrede te wag op die Heer… (Ps 131:3)

Pa se liefdevolle gesag,
bepaal vandag my gedrag.
Tot vandag in jou grysheid,
deel ek in die wysheid.

Jou voorbeeld bring my nader
aan my hemelse Vader,
Ja, ek het as kind
deur jou ware lewe gevind.


Posted

in

by

Tags:

Comments

Leave a Reply