So lank mens leef het die wet oor jou gesag,
so is die vrou gebind tot haar man se sterwensdag.
As sy nie daarby hou sal sy egbreker straf kry,
maar as haar man sterf dan is sy weer vry. (Rom 7:1-3)
So was ons ook onder die wet se gesag
tot ons Bruidegom se sterwensdag.
Ons behoort nou aan ‘n opgestane Heer,
waar nie sonde nie, maar die Gees beheer. (Rom 7:4-6)
Die wet is nie sonde, maar wil ons leer
wat dit beteken om nie te begeer.
Voor die wet het ek net gelewe,
maar nou wil ek na begeerte strewe…
Oortreders van die wet is nie veilig,
want sy voorskrifte is reg, goed en heilig. (Rom 7:7-12)
Het iets goed dan die dood gebring?
Nee, deur sonde het die dood ingedring.
Die wet het die skrikwekkende sonde ontbloot:
Dit verdien verseker die dood!
Die wet is goed, moet ek toegee:
Ek begryp self nie wat ek doen,
want wat ek wil, kry ek nie gedoen
en wat ek haat is juis wat ek oortree. (Rom 7:13-16)
Diep in my wese vind ek vreugde in die wet,
maar in my is dit die sonde wat sy woning het.
Dit maak my ‘n gevangene van die wet
waar ‘n doodsbestaan beheer oor my het. (Rom 7:17-23)
Ek ellendige mens!
Wie bring my verlossingswens?
Bring aan God al die dank en eer:
Hy bring dit deur Jesus onse Heer! (Rom 7:24-25)
Christus Jesus se wonde
maak jou vry van die wet van sonde.
Deur die wet van die Gees
kan jy in Christus wees. (Rom 8:1-2)
Wat Moses se wet glad nie kon doen
was om ons met God te versoen.
As gevolg van ons swak sondige natuur
het God sy eie Seun as mens gestuur. (Rom 8:3-4)
So is Hy gespoeg en geslaan
vir die mens se sondige bestaan.
Nou word ons nie meer beheer deur die vlees.
In ons harte is nou die wet van die Gees! (Rom 8:1-4)