Vreemdeling vreudge

Van Petrus, ‘n apostel van Jesus Christus.
aan uitverkore vreemdelinge wat reg oor die wêreld is. (I Pet 1:1)

Soos God die Vader dit vooraf bestem het (wat ‘n wonder!)
het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder
om aan Hom gehoorsaam te wees (met alles wat jy is!)
en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus. (I Pet 1:2a)

Vir julle is my opregte bede:
‘n Oorvloed van genade en vrede! (I Pet 1:2b)

Aan God, die Vader van ons Heer.
Jesus Christus, kom toe al die eer!
In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe gegee
deur die opstanding van Jesus Christus bring hy dit mee. ( I Pet 1:3)

Hierin is ons lewende hoop nou:
‘n Onverwelklike erfenis
wat onverganklik en onbesmet is.
Dít word in die hemel vir julle in bewaring gehou (I Pet 1:4)

En omdat julle glo, weet julle ook nou:
Aan die einde van die tyd word geopenbaar
die saligheid wat vir julle wag daar.
Tot dan word julle deur die krag van God in bewaring gehou (I Pet 1:5)

Hieroor moet julle, julle verheug en God loof
selfs as allerhande beproewings julle raak
en julle word vir ‘n kort tydjie daardeur bedroef gemaak.
So toets Hy die egtheid van julle geloof.
Sodat dit waardig sal wees die lof heerlikheid en eer
by die wederkoms van Jesus Christus, ons Heer. (I Pet 1:6-7)

Julle het God lief al het jul Hom nie gesien.
Sy doel is saligheid al het jul dit nie verdien!
Deur te glo deel jul nou reeds in Hom:
Dis waar julle blydskap vanaf kom. (I Pet 1:8-9)

Die profete het verkondig dat jul genade sou kry
en deur die Gees geprofeteer dat Christus sou ly.
Hulle het probeer naspeur wanneer is daardie uur
dis nou bekend gemaak deur die Gees uit die hemel gestuur. (I Pet 1:10-12)

Weet in al jou swaarkry en pyn,
God is en bly soewerein.
Dit sal lei tot ‘n meer heilige lewe
een waarin jy alle eer aan God gewe.

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading