Job se vriende het hulle klere geskeur
en saam met Job in stilte getreur. (Job 2:12-13)
Wie sou ooit kon raai
dat Satan hul troos sou verdraai…
Job:
Ag, was die dag van my geboorte tog nie daar –
Dan was ek van hierdie smart gespaar. (Job 3:1-10)
Waarom was ek nie maar ‘n dood gebore kind
wat in die graf vir my rus kon vind? (Job 3:11-19)
Elifas:
Jy het baie mense in swaarkry lig laat sien
Beteken dit vir jou niks: Jy het God gedien? (Job 4:1-6)
Het iemand ooit onskuldig ten gronde gegaan? (Job 4:7-11)
Kan ‘n mens ooit onskuldig voor sy Maker staan? (Job 4:12-21)
Die mens is vir ellende en swaarkry gebore. (Job 5:1-7)
As ek jy was, sou ek my saak aan God voorlê –
Oor alles op die aarde het Hy die laaste sê. (Job 5:8-6)
Die wat hom deur God laat teregwys, gaan nie verlore. (Job 5:17-27)
En vir jou:
As jy, soos Job, jou geboortedag wil vervloek,
kan jy vir blydskap in ‘n ander geboorte soek.
Hy is ook vir swaakry en lyding gebore,
daarom, in jou swaakry, is jy nie verlore:
“Vandag is jou Verlosser gebore, jou Heer,
aan God in die hoogste hemel – alle eer!”(Luk 2:10-14)