Vier: Rus

Toe mylpale my begin druk,
het ek weer dubbel ure geswoeg
om sélf dinge reg te ruk.
Tyd vir Bybelstudie? Nie genoeg!
Die lewe is ‘n gejaag na wind. (Prediker)
Kan mens rus daarbinne vind?

Die antwoorde moet jy soek
in God se ware Boek.
Rus se ware noord
vind ek in U Woord. (Ps 94:13)

God het alles in ses dae gemaak
en op die sewende dag gerus. (Gen 2:2)
En toe Adam die eerste keer ontwaak,
het sy lewe begin met ‘n rus!

Adam het hom nie aan die opdrag gesteur
en so is die rus vir ewig versteur…

Uit Egipte se slawerny
het God sy volk uitgelei.
In die woestyn van sy wonders bewus, (Heb 3:11)
was hulle oppad na ‘n land van rus. (Deut 12:10)

Die Israeliete kon die rus nie binnegaan.
Die boodskap om hier te verstaan:
Hulle het God se almag nie vertrou (Heb 3:18, Ps 95, Num 13)
en moes dit vir veertig jaar berou!

In die woestyn moes hulle weer
van vooraf rus se lesse leer:

Die tien gebooie se sabbatswet (Ex 20, Deut 5)
het werk op die rusdag belet.
Prakties was hierdie les
dubbeld die manna op dag ses.

Elke sewe jaar moes die lande rus
en die volk van hul afhanklikheid bewus. (Lev 25:21-24)
Die sesde jaar se oes so groot,
dat daar genoeg was vir jaar sewe se brood.

Of jy opstaan en of jy rus,
maak jou kinders van die Woord bewus. (Deut 6:6)

Na veertig jaar was die straf verby
en Josua het die volk in rus ingelei. (Heb 4:8, Jos 14:15 Jos 11:23 21:44)

God het van die nasies met rus gelaat
om so te sien of die volk Hom sou verlaat. (Rig 2:23)
Ag, hoe het hulle weer gefaal
en moes met onderdrukking betaal.

Gideon was van sy afhanklikheid bewus.
Hy noem sy altaar: Die Here gee rus. (Jos 6:23)
Die Here het hom die oorwinning gegee
en so weer rus vir die volk daarmee.

Dawid was van God se belofte bewus.
Wanneer jy by jou voorvaders rus
kan jy maar op my beloftes vertrou:
Ek gee ‘n tyd van rus dat jou seun die tempel bou
In sy nageslag sal ek onrus verslaan,
sy koninkryk sal vir ewig staan. (2 Sam 7:11 1 Kron 17:11)

Daarom kon Dawid sing
dat die Here sy herder is
en hom in groen weivelde laat rus
waar Hy nuwe krag bring. (Ps 23)

Selfs die wyse Salomo
het in die beginsel geglo:

Vetrou volkome op die Heer
dan sal hy jou die regte pad leer.
Met die beste uit jou oes moet jy Hom eer,
dan sal jy die voorspoed nie kan keer. (Spr 3:5-10)

Beter ‘n stuk droë brood en daarmee rus
as huis vol offermaaltye met getwis. (Spr 17:1 OAV)

Een hand vol rus, my kind
is beter as ‘n gejaag na wind. (Pred 4:6 OAV)

Asa het die Here gedien,
en so rus na alle kante toe gesien. (2 Kron 14:7, 15:12, 15)
Maar juis in daardie uur,
versterk hy sy stad se muur!

Josafat gee in vertroue gehoor
en stap die vyand tegemoet met ‘n koor. (2 Kron 20:20)
God self het die vyand weggevee
en het hom na alle kante rus gegee. (2 Kron 20:30)

Min van die konings was so getrou.
Die profete het gewaarsku vir berou:
Besef dat straf onvermydelik is –
julle sal in ballingskap gaan rus! (Jes 14:3)

As julle julle bekeer
en van rus kom leer,
sal ek julle kom red.
Dit is wat julle het:
Stil word is jul krag,
ja,vertrou in My mag. (Jes 30:12)

Die goddelose is soos ‘n onstuimige see,
wat net net eenvoudig geen rus wil gee.
Golwe hou aan slyk en modder stoot.
Geen vrede in jou lewensboot! (Jes 32:18-20)

Jesus rus wel in só boot
en in Sy almag groot,
het Hy die storm bedaar
en rustig verder gevaar…

Hou die heilige dag tot God se eer
en jy vind vreugde in die Heer:
Jou land se opbrengs word net meer. (Jes 58:13,14)

Die kruispad se keuses staan oop:
Vra watter pad is beste om te loop.
So van God se almag bewus,
vind jy in jou keuses rus. (Jer 6:6)

Daar rus ‘n vloek en lewe van pyn
as jy jou vertroue in mense stel
en jou nie aan My meer kwel:
Soos ‘n bossie in ‘n klip woestyn…

Voorspoed vir dié wat op God vertrou.
Soos ‘n boom by water geplant,
wat wortels uitstoot na waterkant,
wat heel jaar sy blare behou. (Jer 17:5-8)

Die volk het nie gehoor
en so hul rus verloor…

So van God se straf bewus
moet jy nou glad nie rus.
Jy moet die trane nie keer,
bly roep net na die Heer!
Bid dat God se straf sal wyk,
dat jou kinders nie van honger beswyk! (Klaag 2:18,19)

Hy het my ‘n gruisklip laat kou.
Hy het alle rus van my weerhou. (Klaag 3:16,17)

Ek sal jou nageslag red,
waar hulle ballinge is.
Hulle wat rondrol in die bed,
gee Ek weer veiligheid en rus. (Jer 46:27)

Die Beskermer is magtig
Sy naam is Here Almagtig
Hy sal Israel weer van rus laat sing
en onrus vir Babel bring. (Jer 50:34)

Van al ons sonde so bewus,
het Hy by ons in ‘n krip kom rus.

Die boodskap wat in jou kop moet draai:
Kom na my toe jy wat uitgeput is en oorlaai!
Ek sal jou rus gee dat jy kan begeer,
my sagte juk en om van My te leer!
Jy sal rus kry vir jou gemoed,
want ek sal vir jou sondes boet! (Mat 11:25-29).

Op die Sabbat is hy gekruisig vir elke daad.
My God, my God, waarom het U my verlaat?
Ek kry hier geen rus, (Ps 22:2,3)
Ek word met asyn gesus!

Ook Jesus het so vooruit gegaan
en op die eerste dag opgestaan.
Hy het daarna opgevaar
en werk aan ons rusplek daar.

Bedags nie ‘n lig soos die son.
Snags die maan nie ‘n bron.
Jou son en maan is Heer,
‘n ewige rus om Hom te eer! (Jes 60:19,20 en Op 23:21)

Daarom kan ek saam met die digter sing
oor God se rus my hulde bring:

Van U redding is ek bewus:
Net by God vind ek rus. (Ps 55:3, 62,6)
Omdat ek op U vertrou,
vind ek telkens rus weer gou. (Ps 62:6)

Toe ek gedink het my voete gly,
was U troue liefde altyd by.
As ek met onrus in my binneste dring,
het u vertroosting my tot rus gebring. (Ps 94:19)

Ek moet nou tot rus kom in my bed,
U het my van die dood gered! (Ps 116:8)

Kyk ek terug, was dit nie so erg
dit wat ek toe gesien het as ‘n berg.
Ek was net ‘n dwaas,
om na wind te haas!

Ag, Here help my onthou,
om op U alleen te vertrou.

Ek bekommer my nie oor dinge vandag.
Ek het by U rus en kalmte gevind,
soos in moedersarm, ‘n tevrede kind!
Ek sal nou en vir altyd op U wag. (Ps 131)

Soek jy aardse rus?
Bly dan hiervan bewus:
As jy in God bly glo,
is daar ‘n ewige rus daarbo! (Heb 4:9)

Jy rus op aarde so:
Bly net in Jesus glo.
Jy rus van jou werk,
deur in Hom te rus, onbeperk! (Heb 4:10)