Abia het pas koning van Juda geword
toe is hy in oorlog met Jerobeam gestort.
Jerobeam met agt honderd duisend man
en Abia met maar die helfte daarvan. (II Kron 13:1-3)
God het ewige koningskap aan Dawid toevertrou
en ons is aan al sy opdragte getrou
Julle is wel baie in getal,
met julle kalwerbeelde en al, (II Kron 13:4-9)
maar ons het die Here ons God nie verlaat:
Ons dien steeds met wierook en offerdaad.
Die Here self gaan vir ons veg,
bly julle maar liewer weg! (II Kron 13:10-12)
Jerobeam het hulle van voor en agter bedreig,
maar Abia se gebede het na God opgestyg
en so het hulle ‘n groot slagting aangerig:
Vyfhonderd duisend gesneuweldes, die gesig… (II Kron 13:13-17)
Juda het so die oorhand gekry
met stede Bet-El, Jesana en Efron daarby,
want hulle het gesteun op die Heer
en die God van hulle voorvaders geëer. (II Kron 13:18-19)
En so na twee en twintig jaar
was Jerobeam se lewe klaar… (I Kon 14:20)
Getalle is nie hoe God oorwinnings bou:
Hy het Seun alleen gestuur as mens, onthou,
om finaal die oorlog te wen vir my en jou.
So in jou stryd moet jy op Hom vertrou!
As Hy, as een mens op aarde dít kon vermag,
dink net wat jy by Sy wederkoms kan verwag:
Want dan kom oorwin Hy die dier met ‘n leërskaar
en so sal Hy jou en my vir Hom vergaar. (Op 19:19)