Jy kyk uit die verkeerde hoek
as jy sê: “Ek word deur God versoek.” (Jak 1:13)
Maar ‘n mens word verlei
en deur sy eie begeertes gelei.
Dan raak die begeertes bevrug
en sonde is die geboortevrug.
Wanneer die sonde dan ryp word,
laat dit jou in die dood in stort. (Jak 1:14-15, Ps 7:15)
Waak want jy het ‘n gewillige gees,
en bly bid want jy het ‘n swak vlees. (Mat 26:42, Jak 5:18-19)
Maar as iemand anders in sonde beland
lei hom met ‘n sagmoedige hand. (Gal 6:1)
Ons is van die sondedood gered
want ons Hoëpriester wat ons het,
het die versoekings weerstaan
in ‘n sondelose aardse bestaan. (Heb 4:15).
God het ons sonde vergewe
want Hy wil ons laat lewe.
Ons moet in dié waarheid glo:
Elke goeie gawe kom van Bo. (Jak 1:16-18).
Wat jy moet bid van Hom:
“Laat ons nie in versoeking kom,
maar verlos ons van die bose.”
Vermy so die pad van die goddelose… (Mat 6:13).
Onthou, geen versoeking is meer
as wat ‘n mens kan hanteer.
God is hierin getrou:
Hý gee die krag vir jou. (I Kor 10:13).
Leave a Reply