Versoekings in die woestyn

Moses:
Die Here het jou veertig jaar gelei
om jou daarmee nederig te kry.
Hy het dit gebruik as toets vir jou
om te sien of jy Sy gebooie sou hou. (Deut 8:2).

God:
Die Gees het Jesus na die woestyn gelei.
om moeg en honger die Satan te kry.
Ek het dit gebruik as toets vir Hom
anders kom die hele mensdom om… (Mat 1:1-2)

Moses:
God het jou laat swaarkry
en jou laat honger ly.
Hy wou jou daarmee leer
selfs brood kom van die Heer. (Deut 8:3).

God:
In My Seun se hongersnood
Sê Satan: “Maak klippe brood…”
“ ‘n Mens kan nie net van brood leef,
maar van die Woord wat God geef!” (Mat 4:3-5)

Moses:
Jou klere het nie eens verslyt.
Geen geswelde voete in dié tyd.
So het jou Vader, Heer,
jou dissipline geleer. (Deut 8:4-5)

God:
“Spring in vertroue af”, het Satan gevra.
“Engele sal jou mos op hul hande dra…”
“Wat ook in die Woord staan moet ek vertel:
Jy mag jou God nie so op die proef stel!”

Moses:
As jy hierdie land en rykdom kry
moet jy hoogmoedigheid vermy.
Ek, jou God het jou uit slawerny bevry –
die krag vir die oorwinning kom van My! (Deut 8:10-18)

God:
“As jy my aanbid en buig voor my”
het Satan gesê, “kan jy al die koninkryke kry.”
“Wat jy ook in Sy Woord moet sien:
Jy mag net God alleen dien!”

Moses:
Wat jy ook uit dié tyd moet sien
is dat jy glad nie die land verdien.
Jy het heeltyd hardkoppig geraak
God gee dit vir jou al is jy nie volmaak. (Deut 9:4-6)

God:
Wat jý ook in jou woestyntyd moet sien,
is dat jy nie die ewige lewe verdien!
Wat jý in My Woord moet sien:
My Seun het dit vir jou verdien! (Heb 2:18)

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading