Verskille in die kerk

As julle die verskille nie op kan klaar,
moet jy die swakke in die geloof aanvaar.
Een dink jy mag net groente eet,
terwyl die ander van beter weet.
Wie is jy dat jy jou mag verbeel
jy het die reg om ander te oordeel? (Rom 14:1-4)

Oor die verskille moet jy leer:
Doen dit wat jy glo tot God se eer.
Hoekom wil jy teen jou broer getuig?
Voor God se regterstoel sal elke knie buig. (Rom 14:5-12)

Moenie jou broer oor verskille aanstoot gee,
leef eerder in liefde met hom mee.
Die koninkryk van God gaan nie oor deugde,
maar oor gehoorsaamheid, vrede en vreugde. (Rom 14:13-18)

Beywer jou eerder om mekaar op te bou
as om menslike reëls oor kos te hou.
Laat jou oortuiging oor dié gebod
as ‘n saak tussen jou en God. (Rom 14:19-22)

Jy kan die sonde hieroor meet:
Dis sonde as jy twyfel maar tog eet! (Rom 14:23)

Van die sterke in die geloof word gevra
om dié nie so sterk, te verdra.
Moenie net aan jouself dink nie, maar onthou
wat goed is vir jou naaste, om hom op te bou. (Rom 15:1-2)

Dit is in die Skrif so opgeteken
dat dit vir jou bemoediging beteken:
Christus is jou voorbeeld, volg Hom
alle beledigings het op Hom neergekom. (Rom 15:3-4)