Van vroeg af in sy wieg,
was Jakob aan’t bedrieg.
Esau se eersgeboorte reg
gee hy vir lensiesop weg… (Gen 25:32-34)
Al was hy nie die oudste seun,
verkul hy en kry die seën. (Gen 27:27)
Esau neem hom voor
om Jakob te vermoor… (Gen 27:41)
Wat mens hier moet sien
is dat beide net straf verdien.
Wat dan so verbasend bly,
is dat Jakob net seën verkry:
Aan die einde van die leer
hoor Jakob die Heer:
“Ek sal jou beskerming verleen
en jou nageslag seën.
Ek hou my verbond in stand
en sal jou terugbring na die land.” (Gen 28:12-14)
As iemand homself belangrik ag
bedrieg hy homself nog ‘n slag.
Wat Christus se wet wil hê,
is dat ander se las op joú skouers lê. (Gal 6:2-3)
Judas het Jesus uitgewys,
so sterf Hy aan die kruis. (Mat 26:47).
God gebruik selfs die wat verkul
tot uitvoering van Sy wil.
God is lig, is die boodskap aan ons gedeel.
As jy in duisternis lewe het jy aan Hom nie deel!
Bely dat jy bedrieg en en nie in waarheid lewe,
dan word jy deur Jesus se bloed vergewe (I Joh 1:5-8)
By God is wysheid en krag, by Hom is raad en insig.
Hy vernietig, verdroog en hou water terug.
By Hom is daar mag en oorwinning van pyne,
wie bedrieg en wie bedrieg word, is albei Syne. (Job 12:13-16)