Verkeerd in die oë van die Heer

Simri het net sewe dae geregeer
Want hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Heer
Omri beleer toe Simri se stad met die volk aan sy kant.
Simri het die paleis op homself afgebrand. (I Kon 16:15-21)

Omri het twaalf jaar geregeer
En gedoen wat verkeerd is in die oë van die Heer
Hy het wel dapper geveg,
Maar sy afgode was vir God baie sleg. (I Kon 16:22-28)

Sy seun Agab het twee en twintig jaar geregeer
En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Heer
Hy het met Isebel, dogter van koning Etbaäl, getrou
en die god Baäl begin dien en hom aanbid en vertrou. (I Kon 16:29-33)

Giël, van Bet-El, het die stad Jerigo weer opgebou.
Hy het die fondamente daarvan gelê
toe sterf sy oudste seun, want Josua het so gesê
Hy het die poortdeure opgehang
Toe sterf sy jongste, soos die profesie verlang.
Dis wat gebeur as jy God se beloftes nie onthou…(I Kon 16:34)

Dink jy, jy is nie soos die konings hierbo,
Pasop, Romeine drie beskryf jou so:
Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een! (Rom 3:10)
Almal verdien om in ewige straf te weën.

Jy verbreek elke dag sy gebod
en ontbreek so aan die heerlikheid van God (Rom 3:23)
Jy doen wat verkeerd is in die oë van die Heer
Val in skuld erkenning voor Hom neer!