Vergewe?

Job:
As die skaal my ellende ‘n gewig moes gee,
sou dit swaarder weeg as die sand van die see. (Job 6:1-3)
Help my om te verstaan, dan sal ek stilbly.
‘n Bestraffing van julle is nie wat ek wil kry. (Job 6:24-25)
Wie medelye met ‘n vriend as ‘n las beskou
is soos ‘n droë spruit, vir hom wat dors ontrou. (Job 6:14-15)

Die lewe is harde arbeid, my nagte so rof.
My liggaam is oortrek van wurms, rowe en stof. (Job 7:1-5)
Ek kan nie stilbly in my bepoewing en wonde:
Waarom vergewe U dan nie my sonde? (Job 7:11-21)

Bildad:
Hoe lank gaan jy nog so praat?
God verdraai nie sy regte daad.
Jou kinders se wonde
is straf op hul sonde…

Jy moet die Almagtige vra vir krag,
vra na die bevinding van jou voorgeslag. (Job 8:1-8)
So gaan dit met hulle wat God vergeet.
God verwerp nie die opregte, moet jy weet. (Job 8:13-22)

Vir jou:
As jou vriende se raad
jou moedeloos laat,
sal Paulus se raad
jou weer baat:

Deur Christus is jy kind van die Heer,
gee aan God die Vader alle eer!
Jy kan weet in die swaar van die lewe:
Jou sonde is reeds deur Hom vergewe! (Ef 1:3-9)