Verbondsvoorwaardes

Ek is die Here jou God.
Ek het jou uit Egipte gelei
en so van jou slaweband bevry.
Hier is dan nou my gebod: (Eks 20:2)

Die samevatting van die wet
is dat jy liefde vir God het
en dat jou hele bestaan
oor liefde tot jou naaste gaan. (Mat 22:37-40)

Omdat jy uit genade deel in dié verbond het,
lewe dan volgens die bepalings van die wet,
sodat jy eerbied betoon aan jou Heer.
Aan God se naam kom toe alle eer! (Deut 28:58)

Die wet het gehoorsaamheid gevra,
maar jy was nie daaraan getrou,
daarom oordeel God jou nou.
Die straf vir jou sonde moet jy dra! (Rom 3:19-20, Gal 2:16)

Vergewe my God, het jy gevra?
Christus het die straf vir jou gedra!
Hy het jou uit die slaweband bevry.
Van al die skuld is jy nou vry! (Rom 8:2-3, Rom 10:4)?

Ja, deur hierdie wet
kan jy jouself nie red.
God het jou in Sy liefde omvou
nou wil jy dit uit dankbaarheid hou. (Deut 6:4-5)


Posted

in

by

Tags:

Comments

Leave a Reply