Die stamvaders het Josef as slaaf verkoop
met geboeide voete het hy na Egipte geloop.
Op daardie stadium het hy nog nie verstaan
dat dit oor die voortbestaan van God se volk sou gaan. (Ps 105:16-17, Hand 7:9)
In al die swaar was God altyd daar (Hand 7:9)
en so is Sy drome aan Josef bewaar.
Josef het die toets deurstaan
en so deur al die beproewings gegaan. (Ps 105:19)
Deur God gee Josef aan die Faroao raad.
As heerser oor baie volke is hy vrygelaat.
Hy het as hoof van die koninklike huis gesit
met gesag oor alles wat die koning besit. (Ps 105:20-21)
So het God Josef se geloof laat groei:
Van geliefde seun na slaaf geboei,
daarna om as koning te regeer
en deur dit alles God te eer. (Gen 41:16)
Kanaän spring toe ook nie die hongersnood vry
en die voorvaders kon nerens kos meer kry.
Vir hulp moes hulle na Egipte gaan
en voor Josef vir koring gaan staan. (Hand 7:11-12)
Moenie bang wees vir wat julle gedoen het:
God het my vooruitgestuur om lewens te red. (Gen 45:5)
God het met Sy volk ‘n verbond aangegaan
en deur hierdie gebeure sorg hy vir hul voortbestaan.
So het Israel na Egipte gekom,
ook daar het God se seën verstom:
Die Here het die volk vrugbaar gemaak
en hulle het meer as die Egiptenare geraak! (Ps 105:23-24)
Dieselfde siklus is weer deur God beskik:
Israel is as slawe in Egipte onderdruk.
Hy stuur toe Moses om hulle te red
omdat hy ‘n verbond met hulle het. (Ps 10:25-26, Hand 7:18-19)
Die siklus gebeur toe ‘n derde keer:
As slaaf het Jesus na die aarde gekeer
en dít vir sy volk se voortbestaan.
As koning het hy na die hemel opgegaan. (I Pet 1:11)
God wil ook dat ek die toets deurstaan
as ek deur al die beproewings gegaan. (I Pet 1:5-7)
Wat Hy wil hê ek moet verstaan,
is dit ek ook in hierdie verbond staan.
Deur Jesus Christus is ek ook bevry
uit die voetboeie van sondeslawerny. (I Pet 1:3-4)
Daarom leef ek nou dankbaar bly
sodat God alle eer in my lewe kry. (I Pet 1:8-9)