Van skuldig tot vry

Ek is as sondaar skuldig verklaar…
Gelukkig staan die “maar nou” ook daar.
Reeds in die Ou Testament het profete weergegee
dat God se vryspraak in werking sou tree. (Rom 3:21)

Die vryspraak kry jy nie vir jou
deur die wet te onderhou.
Nee, Paulus verduidelik dit so:
God gee dit aan almal wat glo! (Rom 3:22)

Almal se sonde is heeltemal te veel
en kan dus nie in God se heerlikheid deel. (Rom 3:23)
Maar hulle sal, sonder om dit te verdien,
God se genade in vryspraak sien. (Rom 3:24)

God het Jesus as offer gegee
en ek kry versoening daarmee.
Sy bloed het vir my sonde betaal
en as ek dit glo sal Hy my kom haal. (Rom 3:25)

Al het mense in die verlede in sonde gelewe,
het God dit ook vir hulle vergewe.
Vir hulle, maar ook vir ons, werk dit so:
God is regverdig en spreek vry die wat glo! (Rom 3:26)


Het ons nou iets uit onsself om op te roem?
Miskien deur ons goeie werke op te noem?
Moses se wet het dit nie so beloof,
God gee vir ons die wet van geloof! (Rom 3:27)

Geld dit net vir Jode – hulle is mos besny?
Nee, dit geld vir almal – ook vir jou en my!
Daar is net een God
en een liefdesgebod. (Rom 3:28-31)

Is Abraham ook so gered,
of deur die werke van die wet? (Rom 4:1-2)
Dis in Genesis opgeteken:
Abraham het geglo
in die beloftes van bo
en dis vir hom tot geregtigheid gereken. (Rom 4:3, Gen 15:6)

Wat jy in die gewone lewe sien,
is dat die arbeider loon verdien.
Maar so werk dit nie vir jou en my
wat vryspraak net deur geloof kan kry. (Rom 4:4-5)

Geseënd is die wie se sondige lewe
eie gestraf word nie, want God vergewe. (Ps 32:1-2)
Ja ons staan eenvoudig verstom:
Dit gebeur buite wetsonderhouding om! (Rom 4:6-8)