Van ‘n skaakspel by ‘n verjaarsdag vertel

‘n Goddelike skaakspel is begin…
Vasti wou nie die koning bekoor.
Die koning word toe baie kwaad
en vra sy amptenare se raad.
So het sy haar status verloor
en Ester word toe die koningin.

Paleisbeamptes wou die koning vermoor.
Mordegai het by die poort daarvan gehoor.
Deur Ester is die koning daarvan vertel.
“Skryf dit in die annale” was sy bevel.

Hier by ons in Rooihuiskraal
ontwikkel ‘n soortgelyke verhaal:
Satan het skaak stukke begin skuif
daarteenoor is ds Tinus ingelyf…

Haman: “Die koning het my vereer
so, buig jul almal voor my neer!”
Mordegai het nie gebuig voor die bevel.
Die dienaars het vir Haman gaan vertel.

Haman het toe agteraf geknoei
om die Joodse volk uit te roei.
Op die twaalfde maand val die lot
vir uitwissing deur die koning se gebod.

Mordegai het sy kleure geskeur
en in die stad geloop en treur.
“Miskien het jy juis dié posisie gekry
om so die volk van uitwissing te bevry!”

Met ‘n koningin skuif Satan ons in skaakmat
en so is ons geliefde Willem weggevat.
“Ds Tinus miskien het jy juis dié posisie gekry
om so ons gemeente van uitwissing te bevry!”

Ester het haar voorberei
om ‘n spreekbeurt by die koning te kry.
Sy het ‘n maaltyd gevra,
om daar haar boodskap oor te dra.

Die wet van Mede en Perse is vas,
maak nou eerder ‘n nuwe wet.
“Verdedig julle self” is toe gelas.
So is die volk van uitwissing gered.

Wat by ons gebeur het is ook vas,
maar ons dank God dat ons ds Tinus het:
‘n Man met wysheid en nederig in gebed.
In die afgelope twee weke dra hy vir ons die las.

Ds Tinus dankie vir wysheid.
Dankie vir jou ekstra tyd.
Mag jou verjaarsdag besonders wees.
Mag jy gevul word deur die Heilige Gees.

Ester se geskiedenis wil ons leer:
Belangrike skaakstukke val soms neer.
Satan kan met sulke skuiwe tyd verdryf,
maar skaakmat bly God’s laaste skuif!

Ons bede is dan dat wanneer jy weer verjaar,
ons sal sien ons gemeente is van uitwissing bewaar.
En dat ons pad die jaar, saam met jou, sal wees
een wat uitloop op ‘n ewige vreugdefees!


Posted

in

by

Tags:

Comments

Leave a Reply