Die leiers van Juda het voor my gesit
toe neem die mag van die Here my in besit.
Ek het deur die lug na Jerusalem gegaan
en voor die afgodsbeeld gestaan. (Eseg 8:1-4)
Ek moes die voorhof muur afbreek
om te sien wat die leiers wegsteek.
Daar het hulle afskuwelike gode gedien,
want hulle dink God kan dit nie sien… (Eseg 8:7-13)
Daar was geen agting meer vir God’s gebod:
Vrouens het gehuil oor die vrugbaarheidsgod.
‘n Stuk of vyf en twintig man in getal,
het in aanbidding voor die songod neergeval. (Eseg 8:14-16)
Sien jy hoe die volk my tart?
Al roep hulle ook hoe hard
sal Ek hulle nie hoor,
as die vyand hul vermoor… (Eseg 8:17-18)
Die straf is naby vir die stad!
Jy moet jou skrywersakkie vat
en voorkoppe merk van die wat kla
oor hoe afskuwelik die volk hul gedra.
Vir hulle wat vir die sonde grief
het Ek nog innig lief! (Eseg 9:1-4)
Gaan agter hom aan
om die res dood te slaan.
Begin by die heiligdom –
jonges en ook dié in ouderdom.
Moet hulle nie jammer kry,
want hierde opdrag kom van My! (Eseg 9:5-6)
Die oorblyfsel is nie hulle wat in Jerusalem bly.
Nee, dis die gelowiges, al is hulle versprei.
Al is hulle ver, het Ek self hulle heiligdom gebly,
Ek gaan hulle vergader en hul sal die land terugkry. (Eseg 11:15-17)
Ek sal hulle ‘n ander hart gee
en ook ‘n nuwe gees daarmee.
Hulle sal volgens my voorskrifte leef
en na al my bepalings streef.
Hulle sal My volk wees
en Ek sal hulle God wees.
Ja, ‘n kliphart sal nie meer daar wees,
maar ‘n warm hart – een van vlees. (Eseg 11:19-20)
Met ‘n hartverskeurende daad
het God Sy tempel en stad verlaat…
Al het hierdie gesig my so ontstel,
moes ek dit vir die ballinge gaan vertel. (Eseg 11:22-25)
Leave a Reply