Alle lof aan Hom wat die Vader van my Here Jesus is,
wat my seëning, deur die Gees, in Christus is. (Ef 1:3)
Nog voor die grondlegging van die wêreld se ontstaan
is ek verkies om sonder gebrek in liefde voor God te staan.
Ek is voorbeskik as kind van Jesus, Christus my Heer.
Die doel: Tot lof van Sy genade se heerlikheid en eer! (Ef 1:4-6)
Deur Sy bloed: Verlossing van al my sondedade.
So kry ek vergifnis na die rykdom van Sy genade! (Ef 1:7)
Die verlossingspad het hy aan my bekend gemaak:
Ja, in Sy welbehae, Sy voorgenome liefdesdaad:
In die volheid van die tyd sal almal loof,
want hulle is verenig onder Christus as hoof. (Ef 1:8-10)
In Christus het ek die erfdeel ontvang
wat my laat oorvloei in lof en sang.
Dit het gebeur toe ek hoor: Sondig…
maar tog is verlossing aan my verkondig! (Ef 1:11-13)
Ek het die evangelie gehoor en so tot geloof gekom
en so het ek deel van die volk van God geword.
As versekering is die Heilige Gees in my uitgestort.
Prys dan sy grootheid en gee alle eer aan Hom! (Ef 1:14)
So nou dat ek dit alles verstaan,
wil ek in dankbaarheid tot lof oorgaan:
U het mý lankal uitverkies, o Heer.
Aan U kom toe heerlikheid en eer!
(Die aanhalings verwys na beide die 1953 en 1983 vertalings – dis gemeng in die gedig)