U stem, o HERE (uit Psalm 29)

Ek buig in aanbidding voor U HERE, se glansryke heerlikheid.
Ek erken U as HERE, soos Moses met my skoene uit…
Ek erken, HERE, dat U majesteit en krag groot is.
Ek erken, HERE, die majesteit van U Naam.

U stem, o HERE, kom oor magtige waters heen.
U stem, o God van majesteit laat dreun.
U stem, o HERE, geen krag is daaraan gelyk.
U stem, o HERE, geen ding is so glansryk.

U stem, o HERE, kan seders breek.
Libanon se seders verslinter as U spreek.
Reuse bome wat soos ‘n kalf bokspring.
Sirjon se bome word soos buffels gedring.

U stem, o HERE, laat vlamme lewe.
U stem, o HERE, laat die woestyn bewe.
U stem, o HERE, laat terebint bome sidder,
dit laat bosse kaal in die koue bibber…

U hele paleis roep uit:
Heerlikheid, Majesteit!

U HERE, troon en heers oor die vloed,
U HERE, is vir ewig koning oor alle goed.
Alle krag wat ek het: U HERE, is die rede.
O HERE, seën my nou met U vrede.

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading