Die Here, die Almagtige praat:
Al wat julle elke keer red,
is dat Ek nie verander het.
Julle het van my afgewyk in daad.
Volk: “Waarom moet ons ons bekeer?”
God: “Dis al hoe Ek na julle terugkeer!”
Volk: “Hoe beroof ons U?”
God: “Julle bring nie tiendes nie!”
Dis die Almagtige wat praat:
“Toets my met julle daad:
Ek open hemelvensters van seën,
en gee ‘n oorvloed van reën.
Ek sal die sprinkanplaag keer
en maak die wingerdoes meer.”