Tien: Begeer

Wat die tiende gebod leer,
is: “Jy mag nie begeer.” (Ex 20:17)
Wees versigtig wat in jou hart omgaan,
want dit bepaal jou hele lewensbaan. (Spr 4:23)

Wat ons sondige natuur begeer,
is anders as wat die Gees wil leer. (Gal 5:17)
Die wêreldse dinge wat ons so begeer,
kom nie van ons Vader en Heer. (I Joh 2:16)

Wanneer jy ander mense se dinge begeer,
kan jy jou later net nie meer keer:
Jy begin dan allerlei planne maak,
sodat dit later joune raak… (Jer 17:11, Spr 6:2, Deut 7:25, Miga 2:1-5)

Moenie jou onstel oor skelms wat steel,
hulle goen gras gaan vinnig vergeel…
Vertou liewers op die Heer:
Hy sal jou gee wat jou hart begeer.
Woon en werk rustig voort,
vertou dat Hy jou bring na sy poort. (Ps 37:1-5)

Wat jou hart eerder moet begeer
is ware godsdiens tot Gods eer. (Jes 1:13, Amos 6:4-8, Luk 11:39-42)
Ek, die Here, deurgrond jou hart en verstand.
Ek vergoed opregte dade uit jou hand. (Jer 17:10).

Ek het Sion gekies, sê die Heer:
Dis waar Ek my woonplek begeer!
Dis my rusplek waar ek wil woon
en die wat op My vertrou beloon. (Ps 132:13-15)