Christus word bekend gestel,
Die Seun van God se oë van vuur,
voete blink soos geelkoper, duur.
Iets meer word van stad vertel.
Berge en riviere help nie keer,
dat die vyand die stad beleer.
Onsekerheid kom dus voor.
Mooi kopergoed daar bekoor.
God sien die druk, die swaar, maar ook wat die lig is daar.
Die valsheid wat hul daar beweer
is dat deelname jul van Satan leer
Hy prys hul vir wat is reg.
Ek weet dat jul meer doen as tevore
Liefde, geloof en diens is nie verlore.
Hy wys wat doen hul sleg.
Wat hier teen julle staan:
Julle het Isebel laat begaan.
‘n Valse profetes is sy,
wat na onsedelikheid verlei.
Hy waarsku of Hy vertroos, die verkeerde en die broos.
Ek kan begeertes en gedagtes hoor!
Isebel gee ek aan ‘n siekbed oor
en almal deur haar verlei en bekoor
sal ook hul gesondheid verloor.
‘n Opdrag gee Hy vir hul
Hou vas aan wat jul het
tot Ek eendag kom red.
en beloftes wat Hy vervul.
Elkeen wat die oorwinning behaal,
sal ek met mag en gesag betaal.
Hy sal met ‘n ystersepter regeer
Ek gee hom die môrester weer.
Elkeen wat hierdie hoor
moet luister met die oor
wat die boodskap van die Gees
vir elke gemeente sal wees.