Verkondig aan die berge van Israel My woord:
Julle is verneder, geplunder en sonder boord.
Edom het met genot alles vir hulself gebuit,
Ek haal My gloeiende woede op hulle uit. (Eseg 36:3-7)
Ek sal julle weer versorg en beplant.
Ek sal My volk terugbring na die land.
As ek die puinhope herbou,
sal julle my as Here onthou. (Eseg 36:8-12)
Mense opvreet? Nee, nie weer!
Bewoners afskud? Nee, nie weer!
Vernedering aanhoor? Nee, nie weer!
My beloftes is blywend, sê die Heer. (Eseg 36:13-15)
Hulle het die land verontreinig, sê die Heer.
Hulle is onrein soos ‘n vrou wat menstrueer,
As straf het My toorn oor hulle losgebreek:
Hulle is uitmekaar gejaag soos Ek My wreek. (Eseg 36:16-19)
Ek is begaan oor My heilige Naam, sê die Heer.
Wat die nasies van julle sien het My Naam onteer.
As Ek (nie ter wille van julle!) optree, sal hulle leer
Ek is heilig, ja, Ek is die enigste Heer! (Eseg 36:20-23)
Ter wille van My Naam se saak,
sal Ek julle bymekaar kom maak.
Vóór dit was Ek julle met water rein,
sodat julle sondes kan verdwyn. (Eseg 36:24-25)
En só sal julle nuwe harte wees:
Nie van klip, maar een van vlees.
Ek gee julle My Heilige Gees,
en Ek sal julle God dan wees. (Eseg 36:26-28)
Ek sal julle ryklik seën
met vrugte en milde reën.
Dan sal julle julle sonde onthou
en julle skaam en daaroor berou. (Eseg 36:29-32)
As ek julle reinig en alles word net meer,
sal die nasies sien: Ek is die Heer!
As die stede opvul sal julle leer:
Ek is julle God, die enigste Heer! (Eseg 36:29-32)
En jy, wat nou hier lees,
ook in jóú hart is Sy Gees.
Ten spyte van jou lewe,
het Hy jou sonde vergewe.
Gee Sy heilge Naam die eer,
want Hy is die enigste Heer!