Moet ons dan aanhou aan sonde deelneem
sodat God se genade kan toeneem?
Ons is van doodsheid vergeef,
hoe kan ons daarin voortleef? (Rom 6:1-2)
Jesus Christus het vir ons gesterf
die doop bevestig ons het dit geêrf.
Hy is begrawe met lydenswonde
en in die graf in met my sonde. (Rom 6:3)
Die Vader se magsdaad het Hom uit die dood bevry
en so het ons ook, in Hom, ‘n nuwe lewe gekry:
‘n Slaaf verloor in sy sterwensnag
die oorheersing van sondemag.
Ons is dus nie meer slawe van die sonde
ons is nou vry en ongebonde! (Rom 6:4-8)
Christus het uit die dood uit opgestaan.
Sy sondelose lewe gaan vir altyd aan.
Dood vir die sonde is ons nuwe strewe:
Een met Christus, ons wil net vir God lewe. (Rom 6:9-11)
Moenie dat sonde langer oor julle regeer
en dat julle aardse dinge bly begeer.
Weerhou jou liggaam as sondige werktuig,
nee, “In diens van God”, moet dit getuig!
Julle staan nie meer onder die wet van dade –
sonde kan nie heers onder die genade. (Rom 6:12-14)
As ons nie meer onder die wet staan,
kan ons dan met sonde aangaan?
Jy moet jou vergewis
wie se slaaf jy nou is: (Rom 6:15-16)
Is jy ‘n slaaf van die sonde,
is die dood onomwonde.
Het jy God se slaaf geraak
is dit lewe deur vryspraak. (Rom 5:16)
Gebed vir sondeslawe: Dankie God en Heer
dat hulle nou gehoorsaamheid is aan U leer.
Met elke deel van hulle liggame onsedelik gelewe,
maar nou dit tot U diens gestel om heilig te lewe. (Rom 6:15-20)
Vir lewe in sondige dinge is die berig:
Ewige dood is dié dinge se vrug.
Maar julle vrygemaaktes is veilig:
In diens van Hom word julle heilig.
Ja, die sondige moet vir sy loon bewe,
maar God se genadegawe is ewige lewe! (Rom 6:21-23)