Straf en seën: Gaan jy lag of ween?

Moet dit nog nie weggooi:
Die tros se sap drup nog rooi.
Netso sal ek doen met dié wat op My wag,
hulle kry ‘n land en groot nageslag. (Jes 65:8-10)

Maar van julle het afvallig geword
met afgods offermaaltye in jul bord.
Met die dood as straf gaan Ek slaan,
want die pad wat julle kies staan My nie aan. (Jes 65:11-12)

Daarom, so sê die Here my God,
So is die vreugde en so die lot:
My dienaars sal genoeg hê om te eet,
maar julle sal honger nie vergeet.

My dienaars sal genoeg hê om te drink,
maar vir julle dors sal julle nie kan skink.
In voorspoed sal My dienaars My jubelend eer,
maar julle sal skreeu van pyn en jou hart se seer… (Jes 65:13-14)

Die ontroues se naam word vervloek,
die wat Hom dien se naam is in ‘n boek.
As julle bid vir voorspoed in Sy Naam,
sal die getroue God nie die hoop beskaam. (Jes 65:15-16)

Ek gaan ‘n Jerusalem skep wat vol blydskap is,
wat daar nou is word in gedagtes uitgewis.
Die inwoners sal weer blydskap en vreugde kry.
Oor Jerusalem en My volk verheug Ek my. (Jes 65:17-19a)

In die nuwe Jerusalem is alle hartseer vergeet.
Almal sal van hul eie wingerde eet.
Oor kindersterftes kan niemand ween,
want die volk leef onder die Here se seën. (Jes 65:19b-21)

Voor hulle nog roep sal Ek hoor.
Terwyl hulle nog praat, gee Ek raad.
Die wolf en die lam sal saam wei.
Op My heilige berg dien almal My. (Jes 65:22-25)

Dink julle dat Ek in ‘n tempel woon?
Die hemel is my troon,
op die aarde rus my toon…
Sulke uiterlike godsiens word nie beloon.

Ek het alles gemaak en so het dit onstaan,
so kyk na jou innerlike en verstaan:
Ek slaan ag op die wat hul sonde berou
en wat die ontsag vir My woord onthou. (Jes 66:1-2)

Die mense offer bulle vir My,
maar doen ook menseoffers daarby.
Hulle bring graanoffers vir My,
maar offer onrein varke daarby.

Ek het geroep, maar niemand het reageer.
Ek het gepraat, maar niemand het geleer.
Om hulle eie kopppe te volg is hul besluit:
Verskrikking en straf is dus My besluit! (Jes 66:3-4)

Die Here kom Sy straf voltrek met vuur
Die ontroues word uitgeroei in dié uur.
Ek maak al die nasies bymekaar
en hulle sal My mag daar ervaar. (Jes 66:15-19)

Gelowiges sal as offers voor Hom staan,
as priesters stel Hy van hulle aan.
Elke dag sal hul in aanbidding voor Hom buig
oor die nuwe hemel en aarde vir Hom getuig, (Jes 66:20-23)

want die wat hulle verset het moet weet
onsterflike wurms gaan aan hulle vreet…
Hulle gaan brand in ‘n ewige vuur
en ‘n afgryslike einde verduur. (Jes 66:24)

God verkondig aan jou straf en seën:
Glo jy Hy is aan Sy beloftes getrou?
Gaan jy jou oor jou sonde berou?
Straf en seën: Gaan jy lag of ween?