Ster in Bethlehem

In ons land se Bethlehem gaan dit swaar
Jy hoor gereeld van plaasmoorde daar.
Die boere gemeenskap dra die juk
van swaar finansiële druk.

In Bethlehem het ‘n ster geskyn,
daarom sal alle pyn verdwyn
‘n Kind is daar gebore,
daarom is jý nie meer verlore.

My sussie bly ook daar
en God gebruik vir haar:
Sy genees mense se fisiese pyn,
sy laat haar geestelike lig ook skyn.

Net soos die Israel se stryd,
is U boodskap ook in dié tyd:

Hoe lank moet ek nog vra,
oor al die geweld by U kla?
Die wet het nie meer krag,
onskuldiges se reg word verkrag. (Hab 1:2-4).

Jy gaan jou verstom en nie verstaan
want Ek gaan julle verder slaan.
Verwoesting saai die vyand se leër,
niemand kan hul perde keer! (Hab 1:5-7).

U, o Heilige, is tog van altyd daar?!!
Hoe kan mens die geweld verklaar?
Met nette en hoeke in ons bek gevang,
is ons soos visse, vasgekeer bang!
Kan U sien: ons bewe van angs?
Die Galdeërs juig oor hulle vangs! (Hab 1:12-15).

Jy moet net geduldig bly wag,
hier is die die boodskap se krag:
Die onregverdige moet bewe,
maar die wat glo sal ewig lewe! (Hab 2:4).

U het riviere en berge gemaak
Dit verkrummel as U daaraan raak.
Toe ek dit hoor het ek gebewe…
Sal U my ongeduld vergewe?

Al sou die vyeboom nie bot,
die druiwe op die wingerd verrot.
Al is die olyf oeste kaal,
en geen beeste in die kraal,

Nogtans sal ek in die Here juig,
voor sy alwetenheid sal Ek buig.
Die Here gee vir my krag,
soos ‘n ribbok veilig vandag. (Hab 3:17-19).

My sussie, ster in Bethlehem,
laat hoor ook daar God se stem:
In Bethlehem het ‘n ster geskyn,
daarom sal alle pyn verdwyn.
‘n Kind is daar gebore,
daarom is julle nie meer verlore.