Smirna – getrou tot die dood.

Christus word bekend gestel,
Oor lewe en dood het Ek alle mag:
die Eerste en Laaste van alle dag.

Iets meer word van stad vertel.
Van die heuwel Pagos tot die see,
is die pragtige hawestad geleë.
Die handelstad was baie ryk –
tempels van gode het daar gepryk.

God sien die druk, die swaar, maar ook wat die lig is daar.
Ek ken die verdrukking en die swaar:
Moenie bang wees vir lyding daar.
Die kwaadstokery gaan net voort.
Dis mense wat aan Satan behoort.

Hy prys hul vir wat is reg.
Die gemeente is verdruk in armte,
maar hul rykdom is hul warmte.

Hy wys wat doen hul sleg.
Vermaning in die brief is weg –
hierdie gemeente doen alles reg!

Hy waarsku of Hy vertroos, die verkeerde en die broos.
Ek weet vervolging maak jul broos.
Dit sal kort wees, is die troos.

‘n Opdrag gee Hy vir hul
Bly net heeltyd getrou
tot die dood jul omvou.

Elkeen wat hierdie hoor
moet luister met die oor
wat die boodskap van die Gees
vir elke gemeente sal wees.

en beloftes wat Hy vervul.
Wie oorwin sal die lewenskroon verkry.
en verseker die tweede dood vermy!