God het die hemel en aarde geskep
deur net eenvoudig woorde te rep.
Die Gees het op die waters gesweef.
God het gesê en toe begin dit leef. (Gen 1:1-3)
In die begin was die Woord daar
Self is Hy God, word daar verklaar.
Alles het deur Hom tot stand gekom,
ja, alles het ontstaan deur Hom. (Joh 1:1-3, 1953)
Hy is die Eersgeborene van alles gemaak.
In Hom is alles geskape, al sien ons dit nie raak. (Kol 1:15-17,1953, Heb 1:1-2, Kol 1:16)
Die hemele vertel die eer van God.
Die uitspansel verkondig: liefdesgebod! (Ps 19:2,1953)
Met God se skeppingskrag,
bring God se woorde die dag.
Net so het Hy ‘n lig in ons harte geskyn
en so het die heerlikheid van God verskyn. (II Kor 4:6)
Ek sal sê aan die noorde: Gee!
Elkeen wat My naam beklee,
want Ek het hulle geformeer
ja, geskape tot My eer! (Jes 43:6-7, 1953)
Leave a Reply