Sinai was ‘n tasbare berg
waar julle jul gesig moes verberg.
Dit was ‘n brandende vuur en donderwolk
waar Moses God se boodskap moes vertolk. (Heb 12:18-21, Deut 4:11-12, Eks 19:16-19, Eks 20:18-20).
By die Sionsberg hoef julle nie te bewe:
dis die stad van die God wat lewe.
Miljoene engele is feestelik vergaar
en die wat se name opgeteken is, is ook daar. (Heb 12:22-23).
Vir die Regter maak die sonde nie meer saak
want deur sonde vergifnis is hulle volmaak.
Ja, hulle is daar vry verklaar
en is by Jesus, hul Middelaar! (Heb 12:23-24).
Die wat by Sinia nie wou luister het nie ontkom.
Pas op – Hy praat nou uit die hemel: luister na Hom!
Soos by Sinai sal die aarde weer een keer bewe
en word weggeneem alles wat dan nog lewe… (Heb 12:25-26, Hag 2:6).
Dien Hom met eerbied en ontsag tot dié uur,
want God is ‘n verterende vuur!
Maar jý – wees dankbaar en nie bang:
Jy het die onwankelbare koninkryk ontvang. (Heb 12:28-29).
Leave a Reply