Simson se troue

“Ek gaan met ‘n Filistynse meisie trou.”
“Kry eerder onder jou eie volk ‘n vrou?”
Sy ouers het nie besef alles kom van die Here af.
Hy wou ‘n geleentheid skep om die Filistyne te straf. (Rig 14:1-4)

Met die sterkte van die Heer
het Simson ‘n leeu verskeur.
Later oppad troue toe het hy
heuning in daardie karkas gekry. (Rig 14:5-9).

Simson het ‘n feesmaal laat hou
Dertig Filistynse “vriende” het ‘n ogie gehou…
As julle die raaisel kan vertaal,
sal ek met dertig stelle klere betaal:
“Uit ‘n eter kon ek my voed,
uit ‘n sterke was die smaak soet.” (Rig 14:10-14)

“As jy ons nie jou man se raaisel leer,
sal ons dat vuur jou en jou familie verteer!”
Simson se vrou het by hom bly neul
tot hy die antwoord met haar deel. (Rig13:15-17)

Hulle kon hom toe die antwoord gee:
“Wat is sterker as ‘n wilde leeu?
Soeter as heuning as honger skreeu?”
“Julle vat my kalf en ploeg daarmee!” (Rig13:18)

Met die Gees se krag het hy gegaan
en dertig man doodgeslaan.
Dertig Filistynse lyke lê toe kaal,
want hy het met hulle klere betaal…(Rig13:19-20)

Simson se optrede is maar verdag?
Tog lees ons dis met die Gees se krag.
Die gedeelte wil ons leer,
ongeag bly God in beheer:

Die duiwel loop leeu-brullend rond
om ons te verslind en te verwond. (I Pet 5:8)
Maar die Leeu uit Juda se stam
behaal die oorwinning as Lam. (Op 5:5, 21:23)

Daarom is Sy klere is ook verdeel
om die wêreld se sonde te heel:
“Vader, vergeef hulle hulle weet nie wat hul doen!”
En so is ons met God ons Vader versoen! (Luk 23:34)

So ons weet dat met hierdie daad
ons Bruidegom ons nie sal verlaat. (Joh 3:29)
So, Simson se gebroke troue verhaal,
laat ons uitsien na die Lam se bruilofsmaal! (Op 19:9)

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading