God was in die begin daar gewees,
swewend oor die water was die Gees.
God het alles gemaak
deur skeppende spraak:
“Laat daar lig wees!”
en dit was so op dag een gewees.
Die uitspandel tot aan alle kante
dIe land, see en alle plante,
son, maan en ster het die hemel versier
lug en see is gevul met voëls en seedier.
Die sesde dag geskep, elke dier,
en al die kruipendes, tot die mier…
Na Sy beeld het Hy die mens gemaak,
“Heers oor die skepping”, sy taak.
God het gekyk na Sy taak:
Hy het alles baie goed gemaak.
Op die sewende dag het God gerus,
dit is hoekom die dag nou heilig is.


Leave a Reply