Moenie eers ‘n begeerte oorweeg
want dan het jy al egbreuk gepleeg. (Mat 5:27-28)
Selfs as jy sonder liefde in die huwelik bly,
is hierdie gebod reeds oorskry.
Hoewel die gebod wil dat jy egskeiding vermy,
kan jy die volgende riglyne kry:
Jy kan jou ander helfte verlaat
as hy hom begaan met owerspel as daad. (Mat 19:9-3)
As ‘n ongelowige wil skei,
laat hom dan sy wens kry,
maar van jou kant af moet jy probeer
om Hom tot God te laat bekeer (I Kor 7:9-16).
Jy moet nie seksueel losbandig wees:
Jou liggaam is ‘n tempel van die Gees! (I Kor 6:18-20).
Nee, wees in alle opsigte getrou
aan haar, jou enigste vrou. (Heb 13:4)
Growwe, ligsinnige en vuil taal
laat jou ook in ander dinge vaal… (Ef 5:3-4)
Bly weg van slegte vriende met ‘n rede:
Slegste geselskap bederf goeie sede. (I Kor 15:33)
Wat jy ook moet verstaan,
is as jy jou met drank te buite gaan,
gaan jy makliker losbandig wees…
Vervul jou eerder met die Gees! (Ef 5:18).
Leave a Reply