Sewe: Die huwelik

Die vroegste geskiedenis het vertel
die huwelik is deur God ingestel:

Dis nie goed die mens is alleen:
Ek sal hom met ‘n gelyke seën. (Gen 2:18)
‘n Man sal sy vader en moeder verlaat
om met sy vrou te lewe in huwelikstaat. (Gen 2:23-24)

Hierdie is die geheimenis onbeperk:
Die huwelik wys op Christus en die kerk. (Ef 5:31-33)

Ek maak jou My bruid
vir ewig en altyd.
Ek bind jou deur my onverbreekbare trou.
Lewe daarom in liefde getrou. (Hos 2:18-19)

Jou Bruidgom is besig om plek gereed te maak.
Wees waaksaam dat jou olie nie op sal raak… (Mat 25:1,13)

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading