Ses: Geen moord

God het die mens na sy beeld gemaak,
daarom word moord met dood gewraak. (Gen 9:6)
Neem jy doodslaan as jou reg,
sal jy verantwoording doen voor die gereg. (Mat 5:21, Rom 13:4)

Is jy sonder rede vir jou broer kwaad,
is jy ook skuldig aan hierdie daad!
As jou broer jou beledigings moet verduur,
gaan jy verantwoording moet doen in die vuur… (Mat 2:22)

Jy moet jou wraak gedagtes keer:
“Ek sal vergeld!”, spreek die Heer. (Rom 12:19).
God se vergifnis bring die ewige lewe,
daarom moet jy jou broer van harte vergewe. (Mat 18:35)

God se vergifnis was gratis en verniet,
maak daarom jou gees en gedagtes nuut. (Ef 4:23)
Moenie dat kwaad jou vergesel na jou bed (Ef 4:26)
nee, liefde is die volle uitvoering van die wet. (Rom 13:10)


Posted

in

by

Tags:

Comments

Leave a Reply