Seën en straf

As jy luister na die Here jou God
en jy is gehoorsaam aan Sy gebod,
sal daar seën
oor jou reën… (Deut 28:1-2, 12)

Jy sal kry meer as jou deel
wanneer jou diere teel. (Deut 28:4)
Geseënd is wat jy aanpak
Graanskure sal jy vol kan pak. (Deut 28: 8)

Al kom jou vyande in getal
hulle sal voor jou val. (Deut 28:7)
Al die volke sal weet
dat jy God’s volk heet. (Deut 28:10)

As jy nie luister na die Here jou God
en ongehoorsaam is aan Sy gebod
dan moet jy besef,
Sy straf gaan jou tref! (Deut 28:15)

Opbrengs moet jy nie soek –
daarop rus ‘n vloek.
Rus moet jy nie soek –
ook daar rus ‘n vloek. (Deut 28:16-19)

Peste en plae
kom in dié dae. (Deut 28:21)
Stof en roet sal reën
in plaas van My seën. (Deut 28:24)

As jou vyande kom in getal
sal jou lyke voor hulle val. (Deut 28:25-26)
Die Here sal jou tref met kranksinnigheid,
waansin, tering, koors en blindheid. (Deut 28:22, 28:27-29)

Jy sal ‘n huis bou, maar nie daarin woon.
Jy sal wingerde aanlê sonder loon. (Deut 28:30)
Ek gee vir jou vyand jou beeste en kleinvee.
en sal jou kinders vir ‘n vreemde volk gee. (Deut 28:31-32)

Let op die goedheid en strengheid van God:
Hy straf die wat afvallig is teen Sy gebod,
maar sien Sy goedheid oor jou
want jy is aan Hom getrou. (Rom 11:22)

Jy moet volhardend bly vertrou
dat God Sy beloftes sal hou:
Wie vrygespreek is omdat hy glo
sal vir ewig lewe saam met Hom daarbo. (Heb 10:35-39)


Posted

in

by

Comments

Leave a Reply