Salomo, die derde koning.

Adonia het Dawid probeer kul
om so sy koningstroon te vul.
Batseba het Dawid laat verstaan
en hy wys toe vir Salomo aan.

Salomo het wysheid begeer
en hy kry ook rykdom en eer.
Die koningin van Skeba kom kyk
hoe Salomo se wysheid lyk.

Salomo het op God vertrou
en vir Hom die tempel gebou.
Die Allerheiligste het die ark omhul –
deur God se teenwoordigheid gevul.

God hou Sy beloftes stand:
van Egipte tot Babel die land.
‘n Tydperk van vrede daar,
hul het God’s Woord bewaar.

Op perde en mag begin vertrou.
‘n Duisend vroue het hy getrou.
Deur hul afgode is hy verlei.
Tot die ryksverdeling sou dit lei.

Al die konings wat so faal,
vertel almal die een verhaal:
‘n Soeke na die volmaakte Koning –
een wat woon in ‘n ewige woning!

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading