Rut oorsig

As jy die boek Rut moes opsom,
sal jy tot die gevolgtrekking kom:

Dood. Dood tref Naomi se hele gesin.
Sorg. Rut se sorg vir Naomi begin.
Sorg. ‘n Losser, Boas, vir Rut versorg.
Lewe. Só Naomi se nageslag geborg.

As jy tot toepassing wou kom,
sien: Jesus draai die siklus om:

Lewe. Uit haar nageslag Jesus gebore.
Sorg. Maria sorg in stal, so warm.
Sorg. Jesus sorg vir almal arm.
Dood. Sy sterwe keer hul nie verlore.

Lewe. Jesus het weer opgestaan.
Sorg. Nasorg laat dissipels verstaan.
Sorg. Dissipels het heidende versorg.
Geen dood! Jesus opgevaar as Borg.

Lewe. Deur Hom is ons weer gebore.
Sorg. Met sorg vertel ons die verlore.
Sorg. Die Heilige Gees sal ons lei.
Dood. Die ewige lewe sal ons kry!