God het sy geregtigheid beloof
aan die wat by Hom uitkom deur geloof.
ALMAL IS SKULDIG VOOR GOD (Rom 1:18-3:20).
Die heidene word nie verskoon, (1:18-32)
ook die Jode word met straf beloon. (2:1-3:8)
Daar is nie een onskuldig voor God, (3:9-20).
elkeen is skuldig voor sy gebod!
WIE GLO, WORD UIT GENADE VRYGESPREEK (Rom 3:21:5:21)
God voorsien in die mens se nood
en betaal vir sonde deur Christus se dood.
Bloed was nodig om te betaal, (3:25,26)
geloof is nodig om dit te haal. (3:27-31)
Abraham is vrygespreek omdat hy glo, (4:1-25)
maar ook dit is uit genade van bo.
Deur Christus is daar vryspraak verkry. (5:1-11)
Nou is daar nou vrede tussen God en my.
Deur een mens het die sonde gekom
en een Mens neem dit alles op Hom!
VERNUWING DEUR GENADE (Rom 6-8).
Hy het vir ons betaal met Sy wonde,
nou is ons nie meer slawe van die sonde. (6:1-14)
Ons wil nou nie meer sonde doen,
want ons is weer met God versoen.
Die wet is heilig, reg en goed, (7:12)
maar Christus het daarvoor geboet.
Ons is vrygemaak van wat die wet sou lees, (7:4)
ons leef nou reg deur die Heilige Gees. (8:2).
Die dinge waarmee jy besig moet wees,
is die dinge van die Gees. (8:5)
Die Gees wat in jou woon,
sal jou met lewe beloon! (8:11).
As jy jou deur die Gees laat lei,
sal jy so Sy kindskap kry. (8:14)
Die Gees staan my in swakheid by,
Hy vertaal self my gebed vir my. (8:26).
As Hy so by my is met Sy Gees,
wie kan ooit teen my wees? (8:31)
God self spreek my dan vry, (8:33)
so niks kan my van Sy liefde skei! (8:39)
GENADE BLY GENADE OOK VIR DIE JODE (Rom 9-11)
Die uitverkiesing se leer (Rom 9-11)
vertel van ‘n soewereine Heer.
Mense gaan verlore wat hulself wil red
dat jy in Hom moet glo is God’s gebed.
Hoe onverstaanbaar God se beleid… (11:33)
Aan Hom behoort die heerlikheid! (11:36).
GENADE LEI TOT GELEEFDE CHRISTENSKAP (Rom 12-15:13)
As offer moet jy jouself nou gee (12:1)
Dit bring ‘n verandering in denke mee. (12:2)
Jy is van jou sonde vergeef
en daarom wil jy nou anders leef. (Rom 12-14)
Jy probeer nou soos Christus maak: (Rom 15)
Liefde is die kern van elke saak.
Leave a Reply