‘n Ouer man moet jy nie skerp teregwys,
maar vermaan soos jy eer aan jou vader wys.
Ouer vroue moet jy soos moeders vermaan
en jonger vroue moet as susters voor jou staan.
Vermaan sonder verwyt
in alle eerbaarheid. (I Tim 5:1-2)
Weduwees, alleen agtergelaat,
word in jou sorg oorgelaat,
maar as sy nog kinders en kleinkinders het,
wys hulle dat hulle teenoor haar ‘n verpligting het.
Hulle moet hulle ouers vergoed vir jare gedra,
dit is volgens God se wil as jy hulle so vra. (I Tim 5:3-4)
‘n Weduwee wat geen nageslag meer het,
vestig haar hoop op God in smeking en gebed.
‘n Weduwee wat na uitspattigheid streef
is eintlik dood al lyk dit asof sy leef. (I Tim 5:5-6)
Skerp ook hierdie dinge in
dat almal onberispelikheid win.
As iemand nie sorg vir die wat in sy huis woon
is hy slegter as ‘n ongelowige wat die geloof verloën. (I Tim 5:7-8)
Is ‘n weduwee meer as sestig jare wys
kan sy kom op die diendende lys,
maar dan moet jy onthou:
Was sy aan haar man getrou?
Het sy haar kinders goed opgevoed?
Het sy vreemdelinge in haar huis gevoed?
Het sy gelowiges se voete gewas?
Het sy verdruktes gehelp in hulle las? (T Tim 5:9-10)
Jonger weduwees word nie so dienende vrou,
want dit wat hulle liggaamlik begeer
kan maak dat hulle weer wil trou
en hulle belofte verbreek teenoor hul Heer.
Buitendien leer hulle om rond te luier
en ledig van huis tot huis te kuier.
Daarom verkies ek dat jonger weduwees weer trou
met kinders en huis versorging toevertrou. (I Tim 5:11-14)
In die familie van ‘n gelowige vrou
moet sy weduwees met versorging omvou.
Die gemeente help dié alleen agtergelaat.
Op die manier sal ons teenstanders nie kwaad praat. (I Tim 5:14-16)
Vir die ouderlinge wat goeie leiding gee,
bring dit dubbele erkenning mee.
Veral vir die wat preek en onderrig,
dra die ou gesegdes nog gewig:
Jy mag nie ‘n bees se bek toebind,
want die arbeider mag sy loon vind. (I Tim 5:17-18)
As iemand ‘n ouderling beskuldig,
moet meer getuies die standpunt huldig.
Dié wat verkeerde dinge doen, moet jy openlik bestraf,
dit hou die ander van hierdie verkeerde dinge af.
Dis voor God en Christus wat ek jou beveel:
Hou die voorskrifte sonder vooroodeel.
Moenie oorhaastig iemand die hande oplê.
Sorg dat jy onberispelik bly in wat jy doen en sê. (T Tim 5:21-22)
Moenie langer net water drink –
jy kan ‘n bietie wyn ook skink.
Dit help vir die ongestelde maag
wat jou so dikwels knaag. (I Tim 5:23)
Party se sonde loop hulle vooruit na die oordeel.
Ander se sonde word eers later deur lig gedeel.
So word goeie dade ook altyd sigbaar
en die verborge dade geopenbaar. (I Tim 5:24-25)