Reg in eie oë

Miga se ma het haar silwer gesoek
en die man wat dit gesteel het vervloek.
Toe Miga, haar seun, sy sonde teen haar bely,
het sy die silwer aan die Here gewy. (Rig 18:1-3)

Maar hulle het die ware God versaak
en ‘n afgodsbeeld daarvan gemaak.
In daardie tyd het Israel nie ‘n koning gehad:
Wat reg is en eie oë – so was elkeen se daad. (Rig18:4-6)

‘n Jong Leviet het weggegaan
op soek na ‘n beter bestaan.
“Ek sal jou betaal as jy by my bly
en ek sal jou dan as priester wy.” (Rig 16:7-13)

Die stam Dan het hulle grondgebied verbeur.
Hulle stuur toe vyf manne: “Gaan kyk die land deur.”
Hulle vra na God se wil vir die afgodspriester by Miga se huis.
“Gaan gerus! Die Here is by julle op julle reis.” (Rig 17:5-7)

“Optrek moet ons gewis –
daardie volk is houtgerus.
Die Here gee ons ‘n plek van waarde
waar daar niks kortkom op aarde!” (Rig 17:8-12)

Oppad wou hulle die afgodsbeelde van Miga vat.
Toe die jong priester hulle probeer keer:
“Kom wees ons priester om ons te leer.”
Die priester was tevrede het die beelde saamgevat. (Rig 17:13-21)

Hulle het die stad Lajis verbrand:
Dit word toe Dan – húlle land.
Hulle het die afgodsbeelde opgestel
en hier teen die einde word vertel:

Jonatan die priester, ja, Moses se kleinseun!,
lei Dan in afgodsdiens, maar verwag God se seën…
In daardie tyd het Israel nie ‘n koning gehad:
Wat reg is en eie oë – so was elkeen se daad. (Rig 17:27-31)

Meet jy met jou eie oë
of is hulle neergeboë?
Wees soekend na God se weg
in Sy Woord wat wys wat is reg!

In die nuwe stad was duisende in getal,
maar die stam van Dan het weggeval. (Op 7:4-8)
Ons verdien dieselfde straf
as God skei die koring en kaf…

Maar ons redding kom van God op die troon:
Deur die Lam se bloed is ons klere wit en skoon! (Op 7:10-17)
Die lof en die heerlikheid, wysheid, dank en die eer,
die mag en die sterkte behoort aan God, ons Heer! (Op 7:11-12)