Gaan verken die land –
God gee dit in ons hand.
Die pad wat God toe wys
eindig in Ragab se huis. (Jos 2:1-2)
Die koning het beveel: “Lewer die manne uit!
Ragab: “Hulle is weg net voor die poorte sluit.”
Oor hulle het sy vlas stopsels oopgesprei
sodat die soldate hulle nie kon kry. (Jos 2:3-6)
Ons weet die Here gee vir julle die land.
Ons bewe van skrik vir die krag van Sy hand.
Julle God is die God van die hemel
en van alles wat op aarde wemel ! (Jos 2:8-11)
Omdat ek julle so goed behandel het,
vra ek dat julle my van die dood sal red.
As ons kom, laat hang hierdie tou,
dan sal ons hierdie belofte onthou. (Jos 2:12-20)
Ragab, die prostituut het geglo
en ontvang só verlossing van bo. (Heb 11:31).
Sy het egter dit ook verstaan:
Geloof moet na dade toe gaan. (Jak 2:25).
Wat jy ook nog moet verstaan,
is dat Sy in Christus se geslagsregister staan! (Mat 1:1-5)
As God dit alles doen vir ‘n prostituut,
hoekom sal Hy jou nie ook genade bied?