Prediker dink oor die sin van die lewe,
ja, dit waarna jy eintlik moet strewe…
Sit op die eerste bril, my kind:
“Alles kom tot niks, dis ‘n gejaag na wind.” (Pred 2:17)
Die boek beskryf drie soorte mense:
Vir die eerste is plesier sy wense.
Ander leef reg, maar hul ambisie vertrap en verkul.
Vir die derde is kuns, teater en musiek wat hul vervul.
Is jy nie God se kind,
is dit ‘n gejaag na wind!
Sit op die bril van geloof,
dan sien jy wat God beloof:
Dis ‘n gawe uit God se hand
dat jy met vreugde kan eet van jou land! (Pred 2:24)
Dink aan jou Skepper in jou jeug,
dan sal jy jou ook in jou oudag verheug. (Pred 12:1)
‘n Gejaag na wind?
Nie vir God se kind!
Dien jý vir God?
Hou jý Sy gebod! (Pred 12:13)