Christus word bekend gestel,
Wie hierdie boodskap bring is Hy:
‘n Swaard wat aan twee kante sny.
Iets meer word van stad vertel.
Die stad bo op ‘n heuwel van rots
dis Asië se hoofstad, hul trots.
‘n Tempel vir die god wat genees
‘n Biblioteek vir almal wat lees.
God sien die druk, die swaar, maar ook wat die lig is daar.
Ek ken die plek waar julle bly:
Antipas het tot die dood gely.
Daar in die stad waar julle woon,
sien mens duidelik Satan se troon
Hy prys hul vir wat is reg.
Julle het die geloof in my nie afgesweer
Al kon jul die swaarky daar nie keer.
Hy wys wat doen hul sleg.
Bileam se onsedelikheidsleer
Het jul nie met tug gekeer.
Hy waarsku of Hy vertroos, die verkeerde en die broos.
Bekeer jul van Nikolaiete daar rond.
Jul moet ook die afgodsvleis vermy
Anders gaan ek die mense bestry
met die skerp swaard van My mond.
‘n Opdrag gee Hy vir hul
Elkeen wat hierdie hoor
moet luister met die oor
wat die boodskap van die Gees
vir elke gemeente sal wees.
en beloftes wat Hy vervul.
Elkeen wat die oorwinning behaal,
kan die verborge manna kom haal.
‘n Wit klippe met ‘n nuwe naam,
kry jy vir toegang daarmee saam.
Leave a Reply