Pasop vir dwaalleer – Hy kom weer! (II Pet 2 en 3)

Pasop vir die vals profeet,
wat maak asof hulle alles weet.
Hulle bring verderflike dwaalleer
en so verloën hulle die Heer (II Pet 2:1)

Die Here weet om dié wat Hom dien
Met hul beporoewings deur te sien,
maar die oordeelsdag se kaf
is die goddeloses se straf. (II Pet 2:9)

Hulle verlustig hulle om partytjie te hou.
Hulle praat lasterlik en is ontrou.
As jy saam met hulle begin eet,
gaan hulle jou verlei, moet jy weet! (II pet 2:12-14,18,19)

In die laaste dae sal mense verskyn
en hulle sal spottend sê van Hom:
Hy sal nie weer hierheen kom,
ons voorgeslagte het dan al verdwyn… (II Pet 3:4)

God het deur Sy woord die water laat ontstaan
en deur water het hy dit ook laat vergaan.
Maar die hemel en aarde is bestem vir vuur,
vir die goddelose in die oordeelsuur. (II Pet 3:5-7)

Een dag is vir My soos duisend jaar,
en duisend is weer vir My vinnig klaar.
Ek stel nie My belofte uit,
ek gee joú geduldig nog bietjie tyd! (II Pet 3:8-9)

Die Here sal kom soos ‘n dief in die nag:
Leef asof jy Hom enige oomblik verwag. (II Pet 3:11-13)
Beskou die geduld wat die Here met jou het,
as sy geleentheid om ook jou te red! (II Pet 3:15)