Na nege plae wou die farao nog nie leer,
toe sê Moses vir die farao: “So sê die Heer:
Teen middernag sal Ek deur Egipte gaan,
en elke eersgeborene sal dood neerslaan. (Ex 11:1-5)
So sal jy met die kroonprins se lewe betaal
en ook die seun van die slavin wat koring maal.
Die hele Egipte sal hartverskeurend rou en treur,
maar niks sal met ‘n Israelitiese seun gebeur… (Ex 11:6-7)
Dan sal jy besef daar is niemand soos Ek.
Jy sal voor My kom buig en smeek: Trek! ”
“Moses, Ek maak dat die farao nie leer
en so word My wonders net meer en meer.” (Ex 11:7-10)
Die Here het aan Moses geopenbaar:
Maak hierdie die eerste maand van die jaar.
Elke gesin moet ‘n lam sonder liggaamsgebrek
vir die spesiale geleentheid laat groei, vra Ek. (Ex 12:1-5)
Op die tiende van die eerste maand se dag,
teen die middag, moet julle die lam slag.
Julle moet dan die bloed smeer
aan die kosyne van elke deur. (Ex 12:6-7)
Dieselfde nag moet julle die vleis gebraai eet
en moenie die ongesuurde brood vergeet.
Julle moet haastig eet, aangetrek vir die reis,
skoene aan die voete met ‘n kierie wat rigting wys. (Ex 12:8-11)
Dit is die Paasfees van die Heer:
Hou dit in stand tot my eer. (Ex 12:11,14)
Dieselfde nag sal Ek die Egiptenare tref.
Ek is die Here, sal hulle dan besef!
Die bloed aan julle huise sal as teken staan –
waar Ek bloed sien sal Ek die huis oorslaan. (Ex 12:12-13)
Hierdie dag moet vir julle ‘n gedenkdag wees.
As vaste instelling moet julle dit vier as ‘n fees.
Die fees moet sewe dae lank duur
met julle brood vir dié tyd ongesuur. (Ex 12:14-20)
Julle en julle nageslag moet hierdie voorskrif hou
sodat julle en julle kinders altyd sal onthou:
In Egipte het Hy julle huise oorgeslaan
Ja, dis waaroor die Paasfees gaan.” (Ex 12:24-27)
Moses en die volk het geglo
in hierdie beloftes van Bo. (Heb 11:27-28)
Om middernag het hulle gesterf, eersgeborens oud en jonk,
die diere, die farao se kroonprins, selfs dié in die tronk.
Nie ‘n enkele huis in Egipte is oorgeslaan –
almal het bitterlik aan die huil gegaan. (Ex 12:29-30)
Dieselfde nag nog het die farao gesê:
“Trek! Ek wil julle nie meer in my land hê!
Gee pad anders is ons almal dood!: (Ex 12:31-33)
Oppad eet die Israeliete toe ongesuurde brood… (Ex 12:39)
Veertig jaar later het Moses die volk weer geleer:
Hou paasfees in die maand Abib tot God se eer.
Hou dit op die plek waar Sy Naam woon. (Deut 16:1-8)
Onreines mag die fees glad nie bywoon.
Ook vir hulle is God getrou:
Hulle mag dit ‘n maand later hou. (Num 9:9-11)
Vir ses dae brood sonder suurdeug – al is dit sleg.
Dit sal jou herininner aan hoe haastig is julle weg.
Dis die herinnering van God se verlossingswerk
vir julle as sy uitverkore volk en kerk. (Deut 16:1-8)
In die Jerigovlakte het Paasfees die volk laat onthou
van verlossing en dat God sy beloftes altyd hou.
Presies die dag na Paasfees het hulle koring gekry
en het die woestyntog se manna weggebly. (Jos 5:10-12)
Liewe leser, maak jou dan nou gereed
om more weer die Paasmaal te eet
sodat jy ook weer kan onthou:
God is en bly altyd getrou.
Hy het jou ook uitgelei
uit jou sondeslawerny!