‘n Traan.
Pa Faan
het gegaan.
Op aarde was hy sag,
in die hemel kan hy lag.
Sy boodskap vir jou vandag:
Dankie my seun
vir jou ondersteun:
Ek kon op jou steun!
Die laaste jaar
met jou daar:
So kosbaar!
Jy kan berus.
Ja, wees gerus:
Ek kan nou rus!
Ek is met liefde omhul
en met vrede gevul.
Ek word op my knieƫ stil.
en bid vir jou so:
Jy moet in Hom bly glo,
so kom jy ook hierbo!
Ek verstaan,
Pa Faan.
‘n Traan.
Droog die wang.
Engelesang:
Hy is ontvang!