Paulus antwoord dit wat die Korinthe vra:
Die vraagstuk hier is hoe om jou sedelik te gedra.
Die Korinthe het hul in onsedelikheid begeef
‘n man en sy stiefma het as egpaar saamgeleef (I Kor 5:1-2)
Sulke mense moet julle onder julle uitveeg
‘n Bietjie suurdeeg deutrek die hele deeg! (I Kor 5:6)
Julle kan nie uit hierdie wêreld padgee
maar met onsedelikes saamleef? Nee!
Veral nie die wat hulleself gelowiges noem…
Jy moenie oordeel, God self sal hulle verdoem! (I Kor 5:9-13)
Jou liggam is nie bedoel om die seksuele te begeer
Dis die Here se liggaam, jy moet Hom daarmee eer! (I Kor 6:13b)
Jou liggaam is ‘n tempel van die Gees
Laat jou lewe dan ook só wees.
Jou lewe vertel die verhaal:
Jy is duur gekoop en betaal! (I Kor 6:18-20)
Leave a Reply