Ons wil U kan sien!

Die volk: Ons wil U kan sien!

Na veertig dae het die volk gesug
Aäron, Moses kom dalk nie terug!
Ons moet ons God kan sien
om Hom te eer en dien. (Eks 32:1)

Al het God dit in die wet verbied,
het die volk vir hulle ‘n kalf gegiet.
Laat dit ‘n afbeelding van ons God wees,
more vier ons vir die Here fees! (Eks 32:5)

Moses, gaan kyk wat het die volk gedoen:
‘n Mens kan dit nie met My wet versoen!
Hulle is opstandig daarom is Ek kwaad
en gaan hulle vernietig oor hierdie daad… (Eks 32:9-10)

Dink aan die beloftes aan U dienaar
en laat tog genadiglik U toorn bedaar.
Daarna het God wel afgesien
van die ramp wat hulle verdien. (Eks 32:13-14)

Moses: Ek wil U kan sien!

Laat ek tog U magtige verskyning sien!
Ek sal vergewe wie ek wil vergewe,
geen mens kan my sien en bly lewe.
In die verbygaan kan jy my van agter sien. (Eks 33:18-23)

O God, ons kan nie trek sonder U. (Eks 33:15, 34:8)
Ek is barmhartig, genadig, vol liefde en trou,
maar Ek straf die sonde as jy my wette nie hou! (Eks 34:6)
God het die verbond toe weer hernu. (Eks 34:10)

Moses kom toe van die berg af terug:
Van God se heerlikheid blink sy gesig.
Vir Moses se gesig wat skyn was die volk bang
en daarom het hy ‘n doek daarom gehang. (Eks 34:29-35)

As die bediening van die wet so kon wees,
hoeveel te meer die bediening van die Gees! (II Kor 3:7-8)
Eers as jy weergebore word sal die sluier lig
dan sien jy God se heerlikheid met ‘n onbedekte gesig. (II Kor 3:15-18)

Laat ek U só sien!