Jy sal beslis volgende jaar,
dié tyd, jou eersteling baar.
Sara het stil agteraf gelag:
Om op haar jare te verwag! (Gen 18:10-14)
Sara, jy moet ook nog leer:
Niks is te buitengewoon vir die Heer…
So het Sara vir Isak gekry
en hom op agt dae laat besny. (Gen 21:1-4)
Ek sal my enigste seun offer, o Heer,
want U kan die onmoontlike laat gebeur.
Ek weet dat U krag selfs so ver strek,
dat U my seun uit die dood kan wek. (Heb 11:18-19)
En jy wat so maklik nie vertrou,
weet dat God sy beloftes hou?
Ja, wanneer gaan jy leer:
Niks is te buitengewoon vir die Heer?! (Gen 18:14, Jes 51:2)?
Onmoontlik? Deur ’n maagd die wêreld in… (Luk 1:34-37)
Onmoontlik? Die dood het Hy oorwin!
Onmoontlik? Ek is weer gebore…
Onmoontlik? Ek is nie verlore! (Luk 18:24-27)