Offer Hande

Vader in die hemel, ons wil U eer!
U Hande het alles geformeer.
En selfs in die swaarste seer
bly U Hande nog altyd in beheer.

Maar die wêreldhande is vol sonde.
Vuiste laat bloeinde wonde
Hande streel ‘n ander se vrou
Hande steel sonder berou…

Armes se werkende hande is seer.
Party hande moes van bedel leer.
Oues se Parkinsons hande bewe.
Biddende hande soek ‘n beter lewe.

Van vreugde wil ons nou sing,
want U het die oplossing gebring:
Offer Hande aan die kruis
het U liefde vir ons kom wys.

U Gees wil nou ons hande gebruik
om te deel, die olie in ons kruik.
Ons hulp kan nie orals kom,
maar fokus op hoë ouerdom.

Julle wat julle ouers tuis versorg,
ja, ook vir julle is Hy die Borg.
Ons kan die ouderdomsiektes nie genees,
maar ons hande kan daar vir julle wees.

Ons wil vir julle biddende hande wees.
Ons hande wil vir julle kom lees.
Ons hande kan inkopies gaan doen.
Ons kan rumatiekhande kom soen.

Ons hande kan bel om spesialis hulp te soek.
Ons hande kan neerskryf wat julle ookal versoek.
Ons hande kan help optel vir die sit in die stoel.
Ons hande kan help met die bedwas se gewoel.

Waarskynlik kan ons nie kom heel,
maar ons wil ons vreugde kom deel.
Want dis Offer Hande aan die kruis
wat ons harte so laat bruis!